

KEIAPPELJELLIE
Gebruik keiappels wat nie oorryp is nie
Was en sny die vrugte oop.
Plaas in `n pot met genoeg water om dit te bedek. Kook tot die vrugte sag en die water lymerig is.Moenie roer terwyl dit kook nie As die vrugte vassit aan die bodem van die pot maak dit versigtig los met `n houtlepel.
Maar moenie roer nie dit veroorsaak dat jou jellie troebel word.
Syg dit deur `n doek.Dit is belangrik dat die sap vanself deur die doek loop.
Moet dit nie deur druk nie. Weeg die sap.
Voeg 500g suiker by 500g sap en verhit tot kookpunt. Sodra die suiker opgelos is syg dit weer deur `n skoon doek.
Dit is gereed sodra dit dik van `n lepel afdrup.
Gooi die kokende jellie in warm bottels en laat dit oopstaan todat dit koud is en sit dan die deksels op.
Bron en foto van konfyt: Johan Du Preez Snr
KEIAPPEL PEKTIEN
Ek het die naweek my Keiappeltjies benut om pektien te maak en te bottel. Ek sal dit dan later benut om konfyte van te kook (of keiappel jellie met of sonder chillies) wanneer vrugte met min pektien soos aarbeie in seisoen is.
Ek het 2 baie groot potte vol gekook – 20 liter pektien kon bottel. Volg die resep vir Keiappeljellie tot na dit deur die melkdoek gefiltreer is, bring weer tot kookpunt en bottel warm.
Ek het ‘n massiewe ou boom. Ek het laas jaar gladnie die vruggies benut nie. Gewoonlik het ek in die verlede konfyt van die pulp ook gekook, maar dit bestaan uit 70% pitte en dit is net nie vir my die moeite werd nie. Dit is egter fantastiese – gratis – pektien. Ek sny dit nie eers op nie, ek kook did net so met stingeltjie en al
Bron: Petro Borchard







Geskuif