

TINKIE SE BOEREBESKUIT
2.5 kg koekmeel
375 g margarien
1 eetlepel anyssaad
2 koppies suiker
2 pakkies kitsgis
1 rondvol eetlepel sout
Smelt botter in 2 koppies kookwater, voeg suiker by en roer tot opgelos.
Voeg ± 4 koppies kouewater by tot louwarm.
Meng die droë bestanddele en maak ‘n dammetjie in die meelmengsel.
Gooi die bottermengsel in en knie tot droog, deeg moet nie te styf wees nie.
Laat rys tot skottel lekker vol is.
Knie af en pak in panne.
Laat rys tot panne vol is en bak by 150 ºC tot gaar, ± ‘n driekwart uur.
Resep en foto: Tinkie Theron







geskuif