PETRE SE HANEPOOTKONFYT

HANNEPOOT KONFYTtested
PETRE SE HANEPOOTKONFYT

3 kg druiwe
2.5 kg suiker
3 eetlepels bruinasyn
2 eetlepels suurlemoensap
Meng druiwe en suiker in pot… Druk soveel as moontlik van die korrels stukkend om n lekker dik stroop te vorm…Kook vir 20 minute en voeg bruinasyn en suurlemoensap by… kook nog 5 minute… sit plaat af, en laat staan vir n paar minute… die pitte sal bo dryf… skep af… kook dan verder net tot dit klink of die konfyt begin braai… verwyder van hitte… laat staan n paar minute en skep die res van die pitte af… bottel en seel warm…
Resep en foto: Petré van Jaarsveld




AFRIKA KOMKOMMER KONFYT

12654414_216282208716594_4590356102041145222_nvarkie konfyt

AFRIKA KOMKOMMER KONFYT
1 kg Afrika komkommer pulp (binneste gedeelte sonder die skil) (Ook bekend as varkies)
750 g suiker
50 ml suurlemoensap
2 ml sout

Meng bestanddele en laat staan vir 30 min.
Kook stadig in ‘n dikboom kastrol tot dik.
Voeg 5 ml gelatien by om sandsuiker te voorkom.
Bottel warm.
Resep: Betsy Bruwer
Foto 2:  Sharon Cronje




PETRE SE MIKROGOLF VYEKONFYT

 

12642800_10208379950237313_269187937265591259_ntested

PETRE SE MIKROGOLF VYEKONFYT

1.5 kg vye geskil en in stukke gesny
900 g suiker
3 heel naeltjies
‘n goeie spuit suurlemoensap
Neem n diep oondvaste bak…. gooi vye, suiker, naeltjies en suurlemoensap daarin… roer goed…. smeer rand van bak met botter…mikrogolf op hoog vir 5 minute…. haal uit en roer goed deur totdat al die suiker opgelos is…. mikrogolf dan verder op hoog vir 25 minute.. Haal uit…. roer deur en bottel dadelik…
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld




VERSUIKERDE LEMOENSKYWE


VERSUIKERDE LEMOENSKYWE
1 kg dikskil-lemoene wat nie met was bedek is nie (organies)
600 g suiker
Koue water
Sny die lemoene in dun skywe.
Pak dit in lae in ‘n swaarboompan en besprkinkel elke laag met ‘n bietjie van die suiker.
Bedek met koue water. Sit ‘n sirkelgesnyde stuk foelie of waspaper bo-op om verdamping te voorkom.
Prut, met die deksel op, vir 2 ure totdat die skywe sag is en die vloeistof ‘n stroperige tekstuur het (maak 500 ml)

Bron: Leanne Faddel




GIDEON SE VYEKONFYT

Vyekonfyttested
GIDEON SE VYEKONFYT
Ekt nog ‘n pluksel vye gepluk om konfyt mee te kook
Dit het baaasie mooi uitgekom en is baie lekker
4 kg ryp geskilde vye
3 kg suiker
1 eetlepel suurlemoensap ( word ingeroer net voor klaar gekook is )

Gooi die suiker oor die vye en laat staan oor nag
Gooi oor in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt ( ek probeer dit so min moontlik roer omdat die vye ryp en sag is en kan maklik stukkend en wegkook )
Verlaag die hitte en kook op lae hit vir nog ‘n uur,  doen die stroop toets
Skep in gesteriliseerde flesse terwyl dit nog warm is
Ek het die treksel in liter flesse gegooi ek hou eintlik meer van kleiner flessies

Nog ‘n resep:
4.5 kg vye (10lb)
1.5 kg suiker (3 1/2 lb)

Skil vye af (gebruik maar handskoene) en sit saam met suiker in kastrol.
Kook vir so 30 min
Skep in gesteriliseerde potte terwyl dit nog warm is
Draai dig toe

Resep en foto: Gideon Louw
2de foto: Anne-Marie Watt

Nota: Petro Kruger Scheun  – wenk: Gooi sout by en halwe suurlemoen se sap, keer vir sandsuiker en breek die meeste soet, ek en my Pa kook jare so vyekonfyt




KEIAPPELJELLIE EN PEKTIEN

Keiappeljellietested

KEIAPPELJELLIE
Gebruik keiappels wat nie oorryp is nie
Was en sny die vrugte oop.
Plaas in `n pot met genoeg water om dit te bedek. Kook tot die vrugte sag en die water lymerig is.Moenie roer terwyl dit kook nie As die vrugte vassit aan die bodem van die pot maak dit versigtig los met `n houtlepel.
Maar moenie roer nie dit veroorsaak dat jou jellie troebel word.
Syg dit deur `n doek.Dit is belangrik dat die sap vanself deur die doek loop.
Moet dit nie deur druk nie. Weeg die sap.
Voeg 500g suiker by 500g sap en verhit tot kookpunt. Sodra die suiker opgelos is syg dit weer deur `n skoon doek.
Dit is gereed sodra dit dik van `n lepel afdrup.
Gooi die kokende jellie in warm bottels en laat dit oopstaan todat dit koud is en sit dan die deksels op.
Bron en foto van konfyt: Johan Du Preez Snr

KEIAPPEL PEKTIEN
Ek het die naweek my Keiappeltjies benut om pektien te maak en te bottel. Ek sal dit dan later benut om konfyte van te kook (of keiappel jellie met of sonder chillies) wanneer vrugte met min pektien soos aarbeie in seisoen is.
Ek het 2 baie groot potte vol gekook – 20 liter pektien kon bottel. Volg die resep vir Keiappeljellie tot na dit deur die melkdoek gefiltreer is, bring weer tot kookpunt en bottel warm.

Ek het ‘n massiewe ou boom. Ek het laas jaar gladnie die vruggies benut nie. Gewoonlik het ek in die verlede konfyt van die pulp ook gekook, maar dit bestaan uit 70% pitte en dit is net nie vir my die moeite werd nie. Dit is egter fantastiese – gratis – pektien. Ek sny dit nie eers op nie, ek kook did net so met stingeltjie en al

Bron:  Petro Borchard




PETRE SE FYN VYEKONFYT

petre se vye konfyttested
PETRE SE FYN VYEKONFYT
3 kg ryp vye
2.5 kg suiker
4 heel naeltjies
3 spuite suurlemoensap
Botter om die pot se rand te smeer

Berei die vye voor, skil en sny soos verkies. Plaas gesnyde vye in die pot op die stoof en voeg die res van die bestanddele by.
Meng en kook oor baie lae hitte tot die stroop vorm en die suiker gesmelt is.
Smeer pot se rand met botter.
Kook op hoog vir om en by 30 minute
Spuit 3 spuite suurlemoen sap by, en kook vir nog 5 minute of tot die stroop se dikte reg is.
Bottel warm1ste FOTO EN RESEP: Petré Van Jaarsveld
2de FOTO: Adam Cloete




PETRE SE FYN TAMATIEKONFYT

 

petre se fyn tamatiekonfyttested
PETRE SE FYN TAMATIEKONFYT
3 kg tamaties fyn gemaal
2.5 kg suiker
4 heel naeltjies
3 spuite suurlemoensap
Botter om pot se rand te smeer
Meng fyngemaalde tamaties , naeltjies en suiker tot n stroop. Smeer pot se rand met botter. Kook op hoog vir 30 minute… voeg suurlemoensap by en kook nog 5 minute… Bottel warm

FOTO EN RESEP:  Petré Van Jaarsveld




MARIETA SE PEERKONFYT

 

marieta se peerkonfyttested

MARIETA SE PEERKONFYT
(eindproduk van 1.5 kg pere)
1 kg pere, afgeskil en in stukkies gesny
1 kg suiker
2 eetlepels suurlemoensap
1 eetlepel kaneel
1 teelepel neutmuskaat, opsioneel

Kook oor lae hitte vir ongeveer 1 uur. Roer af en toe.
Druk fyn “mash” met aartappeldrukker aan die einde van die kookproses.
Voeg  dan die suurlemoensap, kaneel en neutmuskaat by. Roer deur en bottel warm.
Onthou die vog moet verdamp. Jy kan dit toets. Sal sommer sien dit is dik en taai.
Pere kook gou sag, so ± 1 uur altesaam.
Bron en foto: Marieta James




WHOLE GREEN TOMATO JAM

heel groentamatie konfyttested

WHOLE GREEN TOMATO JAM
(She normally cooks 2kg per batch)

Green tomatoes, prick with a fork
Ginger
Sugar
Water
Lemon Juice
Slaked Lime (can be bought at Pharmacy, called Pickling Lime in the UK and can be ordered online)

Method:
Make a mixture of 5 litres water and 25ml of the slaked lime. Soak the tomatoes in this mixture for one day. Stir regularly while the tomates are in the water mixture.
Remove tomatoes from mixture and rinse very well.
Boil water (clean), with some salt, in a big pot.
Place the tomatoes one-by-one in the boiling water and ensure that the water does not stop boiling – it could lead to the tomatoes becoming ‘mushy’.
Boil for 10 minutes

Syrup (per 1 kg of uncooked tomatoes):
Heat 2,5 litres of water slowly while adding 1,5kg of sugar until all the sugar has dissolved. It is important not to bring this mixture to the boil until the sugar has dissolved.
Add 25ml of lemon juice and 6 chunks of fresh peeled ginger, bring the mixture to the boil and keep it on the boil for 10 minutes
Now place the tomatoes gently in the boiling water and sugar mixture and keep it on the boil till the syrup starts thickening and the tomatoes become ‘glassy’ or see-through.
Remove the pot from the heat and leave the tomatoes overnight in the syrup mixture.
Remove the tomatoes from the syrup the next morning and heat the syrup to boiling temperature again and place the tomatoes back for a quick stint. This is to get it all hot for the bottling process.
Place tomatoes in clean containers, fill with syrup and seal immediately.

Recipe and picture:  Petre van Jaarsveld
Tranlated:  Nicolette Fick