

HAMBURGER PATTIES MET SAMPIOENE
Het ook vandag patties gemaak vir hamburgers. Ek en manlief eet dit in slaaiblare toegevou en die kinders s’n op ‘n bun. Pattie resep:
1 kg maalvleis
250 g sampioene gerasper
1 ui gerasper
1 ½ teelepel sout
2 teelepel Italian herbs
Ek gebruik die voelselverwerker, meng alles saam, vorm patties. Die mengsel maak 8 patties van 150g elk.
Heerlik sappig, uie en sampioene het baie vog. My seuns eet nie sampioene nie, maar hierdie eet hulle, as ek nie die sampioene insit nie, hou hulle nie daarvan nie. As hulle maar net weet:-)
Resep geplaas deur Petri le Roux






