

DRIES SE HAMBURGER PATTIES
500 g bees maalvleis
½ koppie oats (hawermout)
¼ koppie bruismeel
4 teelepels beesstert soppoeier
4 teelepels bisto
1 eier
½ gerasperde ui
klein gerasperde aartappel
Meng alles goed deur. Maak bietjie groter as golf bal bolle. Rol dit in die meel. Druk plat en bak in klein bietjie warm olie. Draai baie om. As jy op dit druk met die eierspaan en dit sizzle nie meer nie dan is hy nog sappig en gaar. Geniet dit.
Bron: Driesman van der Vyver






