DAWIE SE VRUGTEKOEK
Foto deur Dawie Vd Heever
FOOD LOVERS RECIPES
4 koppies koekmeel, hoogvol
500 g margarien
3 koppies suiker
12 eiers, geskei (Moenie al die gele bymekaar sit nie, dit word een-een bygevoeg)
2 eetlepels kaneel
1 eetlepel kitskoffie
2 eetlepels kakao hoogvol
1 teelepel koeksoda, opgelos in een eetlepel suurlemoensap net voor dit ingemeng word
1 teelepel amandelgeursel
2 eetlepels appelkooskonfyt
1 koppie brandewyn
½ teelepel sout
½ koppie ingelegte gemmer fyngesny, opsioneel
250 g dadels, fyngesny
250 g pitlose rosyne
250 g korente
500 g sultanas
125 g gemengde skil
125 g gevlokte amandels
¼ teelepel fyn gemmer
¼ teelepel fyn naeltjies
250 g kersies, fyngesny
250 g verglansde vrugte (Kry dit klaar gemeng in boksies)
Berei die sultanas, korente en rosyne voor. Was hulle af en dreineer alle water. Bak in ‘n toe dekselhouer in oond vir ongeveer ‘n halfuur op 130°C tot hulle uitgeswel is. Laat afkoel tot lou warm.
Klop suiker en botter saam tot room. Voeg amandelgeursel en sout by, voeg eiergele een vir een by. Klits mengsel deeglik.
Meng al die speserye met die meel.
Sit al die vrugte bymekaar voor dit by die mengsel gesit word.
Meng die droë bestanddele met die bottermengsel en voeg die vrugtemengsel by. Meng goed.
Voeg brandewyn en suurlemoensap met koeksoda by, meng goed.
Heel laaste vou styfgeklopte eierwitte goed in.
Skep in twee 23 cm panne wat uitgevoer is met dik tinfoelie. Bak vir 3 ure by 150°C.
Toets deur toetspen in die middel van die koek te druk, en dit moet skoon uitkom.
Nadat die koek gaar gebak is, laat goed afkoel.
Gieti ½ koppie brandewyn oor. Draai goed toe in foelie en bere in koekblik met deksel.
Twee dae voor gebruik weer ‘n ½ koppie brandewyn.
HEERLIKE KLAM VRUGTEKOEK – 1ST PRYS OP PRETORIA SKOU.








