BEN SE HAMBURGERS
Ek deel graag met julle een van my (en my seun) se gunstelinge:
BESTANDELE
1 kg steakmaalvleis;
15 ml (1 e) fyn koljander;
5 ml (1 t) fyn kaneel;
2 uie, fyn gekap of gerasper;
3 knoffelhuisies, fyn gekap;
5 ml (1 t) vars gemmer, gerasper;
45 ml (3 e) pietersielie, fyn gekap;
sout en vars gemaalde swartpeper;
1 ektragroot eier, geklits;
6 hamburgerrolletjies;
blaarslaai;
2-3 groot ryp tamaties, in skywe gesny
METODE
Meng al die speserye saam met maalvleis..sout en peper.
Voeg knoffel, gerasperde ui by, en geklitste eier
Meng goed deur, vorm bolletjies, druk plat vir “patties”
Braai, en maak jou hamburger..,met tamatieskywe en blaarslaai
Joey Kruger