

BEN SE HAMBURGERS
Ek deel graag met julle een van my (en my seun) se gunstelinge:
1 kg steakmaalvleis
15 ml (1 eetlepel) fyn koljander
5 ml (1 teelepel) fyn kaneel
2 uie, fyn gekap of gerasper
3 knoffelhuisies, fyn gekap
5 ml (1 teelepel) vars gemmer, gerasper
45 ml (3 eetlepels) pietersielie, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
1 ektragroot eier, geklits
6 hamburgerrolletjies
blaarslaai
2-3 groot ryp tamaties, in skywe gesnyMeng al die speserye saam met maalvleis, sout en peper.
Voeg knoffel, gerasperde ui en geklitste eier by.
Meng goed deur, vorm bolletjies, druk plat vir “patties”.
Braai, en maak jou hamburger met tamatieskywe en blaarslaai.
Resep geplaas: Joey Kruger






