

NACHOS DORITOS CHIPS-TORTILLAS
1 tin tomato, chopped
Diced green chillies (your own amount)
½ cup chopped green pepper
1 chopped onion
¼ teaspoon hot pepper sauce
2 cups grated cheddar cheese
1 avocado
1 teaspoon lemon juice
½ cup sourcream
Author Archives: Rina Kleinhans
SELFGEMAAKTE GOUE STROOP


SELFGEMAAKTE GOUE STROOP
6 x 250 ml suiker
750 ml koue water
15 ml kremetart
Meng suiker, kremetart en die helfte van die water in ‘n kastrol.
Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is.
Kook oor matige hitte tot die stroop ligbruin van kleur is, sowat 15 – 20 minute.
Bron: Shani Reader
BEHANDELING VAN NUWE GIETYSTERPOT
BEHANDELING VAN NUWE GIETYSTERPOT
GESKRYF DEUR IAN LAING:
Die inbrand van ‘n nuwe pot:
Wanneer ‘n nuwe pot aangeskaf is, kan dit soos volg behandel word. Maak ‘n redelike groot vuur en gooi binne-in die pot ‘n klomp kole. Laat brand vir ongeveer 30 minute. Die rede hiervoor is om die tipe vernis wat die vervaardigers gebruik om te verhoed dat die pot roes, af te brand.
Haal dit dan van die vuur en laat dit stadig afkoel. (Wanneer daar koue water by ‘n baie warm leë pot gevoeg word, kan die pot kraak) Skuur die pot daarna met skuurpapier, sand of as totdat dit begin blink. Kook vervolgens een koppie sout en 2 koppies asyn met die pot driekwart gevul met water vir sowat 30 minute. Continue reading
10 BAK EN BROU WENKE
10 BAK EN BROU WENKE
Bestanddele is peperduur, en mens wil tog nie he jou klam sjokolade koek moet soos droog wurg beskuit afgaan nie.
OF hoekom proe my suurlemoentert dan nie soos tant Sannie s’n nie, ek het die resep dan by haar gekry?
1. Bestanddele MOET altyd vars wees. En as jy wil uithang, sorg dat jy die beste bestanddele gebruik al is dit ook bietjie duurder.
As jy jou vars koekmeel in houers gooi, skryf die datum met ‘n afvee-bare koukie pen op die houer.
2. Wanneer jy enige iets koop, sit jou leesbril op en kyk na die vervaldatum. Hoeveel brode het nie al NIE gerys nie en die suurdeeg was “vandag” gekoop nie?
Maak nie saak wanneer jy dit gekoop het nie, check die vervaldatum in die winkel ! Doen so met die meel en eiers en alles wat jy koop. Continue reading
BOERSEEP



BOERSEEP
1,75 kg harde beesvet (uitgebraaide vet)
250 g seepsoda
1 liter koue water
50 ml sitroenella olie (of olie van keuse )
Smelt die vet in ‘n stainless steel kastrol en hou eenkant totdat dit redelik afgekoel het. Jy moet jou vinger vir 10 sekondes daarin kan hou sonder om te brand. Gooi die vlokkies seepsoda in ‘n erde emmertjie en gooi dan die koue water daarop en roer paar kere met houtlepel, sit die deksel bo-op en laat staan op ‘n veilige plek. Continue reading
GOEIE EIER WENK
GOEIE EIER WENK
Tip wat werklik werk:- sit bietjie sout in die olie wat jy eiers in bak, dit laat die eier nie in die pan vas sit nie!
Geplaas deur Andrieshia Gray
OUMA MEELBOL


OUMA MEELBOL
Hierdie is g`n grap nie.Heel eerste moet jy die regte blik kry om die meel in te bak. Dit moet n blik wees met n metaal deksel. Ek weet nie of mens nog so `n blik kry nie. Ons het self Ouma Meelbol vir ons kinders gebak toe hulle klein was. Dis eintlik babapap.`n Lactogen of Klim blik was vroeë jare reg. Mens het bakpoeier ook in so n blik gekry.Die pap word gebruik vir babas maar is heerlik. Ek en Babsie het omtrent tou gestaan om die oorskiet van die kinders te kry. Jy meng die gaar meel met warm melk met bietjie suiker. Ek glo die resep vir die poeding of vla sal dieselfde meel gebruik. Continue reading
PARAFIEN WAKS
PARAFIEN WAKS
Ai hoe laat jy my terug dink aan my kinderdae,my ma het altyd van die kerswas en parafien in die huis gehad.
Ons het nie net dit aangesmeer in die winter nie, maar as hakskene net ‘n bietjie grof gelyk het, moes ons dit aan smeer en kouse aan trek. Werk soos ‘n bom. Ek maak dit nog steeds, hier volg die resep..
3 kerse gesmelt, voeg ongeveer ¼ koppie parafien by en roer baie goed. Dit moet sag wees, sodat dit maklik gemeer kan word. Dit ruik nie te lekker nie maar help.
(Margaret Swanepoel)
PLAAS JOGURT
PLAAS JOGHURT
My ma maak dit altyd op die plaas en vandag het ek dit gemaak dit is so lekker smooth.
Bring 4 liter melk tot net net onder kookpunt (moet nie kook nie).
Laat vinnig afkoel deur dit in ‘n wasbak met yskoue water in te sit!.
Laat afkoel tot sterkwarm (jy moet jou vinnger daar in kan hou).
Roer nou 1 liter plain jogurt in.
Maak pot toe en laat staan 5 ure in son.
Haal uit son en sit in yskas! Moenie roer of niks nie,
Los tot volgende oggend! Geur nou met sweeto. (Ek die oranje geur gebruik) Roer lekker en geniet.
Wenk: Mens kan ook die jogurt versoet met ‘n pakkie jelliepoeier, neem bietjie jogurt meng die jelliepoeier deur en meng dit dan weer deur die groot hoeveelheid jogurt
Bron: Hettie Nieuwenhuis
CONVERT YEAST

CONVERT YEAST
|
(cubes =25g) |
|||
| 3 teaspoons active dry yeast = | 10 g = | 25 g cube yeast = | 10 g instant dry yeast |





