

HELEEN SE BACONKIP HOENDER
1 gaar hoender (ontbeen)
2 koppies gaar noedels (meet rou af)
1 pakkie sampioensop
2 koppies water
2 koppies melk
1 koppie mayonnaise
½ pakkie bacon kips, fyngedruk
1 koppie cheddarkaas, gerasper Continue reading
OLIESKONS


SKONS
Resep: Lindi Ouwerling
Foto: Ashley Gordon
FOOD LOVERS RECIPES
Meng saam:
2 koppies koekmeel
4 teelepel bakpoeier
Knypie sout
Meng die volgende saam met melk tot by 300ml.
100 ml olie
1 eier
Vou die nat- by die droë bestanddele in, moet nie te veel meng nie daar kan nog droë klonte wees
Bak by 200ºC tot goudbruin.
KERRIEWORTELS MET VARIASIE


KERRIEWORTELS MET VARIASIE
(Hierdie resep kan ook gebruik word vir kool, groenboontjies of eiervrug)
2 kg wortels, geskil en in ringe gesny
12 ml sout
500 g uie, in skywe gesny
500 ml suiker
20 ml kerriepoeier
750 ml asyn
25 ml mielieblom
5 ml borrie
5 ml rooi rissiepoeier(opsioneel) Continue reading
MAAK VAN BOKKOMS


MAAK VAN BOKKOMS
Die ouens wat dit op groot skaal doen het geboude sement baddens se so een meter by twee meter en so 700 mm diep. Dan gooi hulle vyf skop grawe sout op die bodem met ‘n klompie water dan pak hulle twee of drie lae harders, dan gooi hulle die harders toe met sout dat daar niks uitsteek nie. Dan weer ‘n laag harders en weer ‘n laag sout, so gaan dit aan totdat die tenk vol is en dan net om te wys jys nie skaam nie gooi hulle nog vyf skopgrawe sout bo op.
Dan kom ‘n plank en ‘n gewig bo op nadat die dam vol water getap is wat seker maak dat die vis nie dryf nie.
Dan word dit so gelaat vir vyf dae.
Word dan uitgehaal en in bossies van tien ingeryg deur die oë en opgehang tot dit droog is !!
Pasop vir die katte, so hang bedags buite onder toesig en bring maar snags liefs binne toe onder slot en grendel 🙂
Geplaas en foto: Gideon Louw
WENK VIR OLIE MET KNOFFEL


WENK VIR OLIE MET KNOFFEL
Wil ook graag ‘n wenk deel wat vir my werk.
Plaas n handvol knoffelhuisies in n 500 ml energade bottel. Vul op met olyfolie van jou keuse.
Skud voor gebruik.
Dit is heerlik om enige iets in te bak bv eiers, steak of worsies ens. Vul net altyd op met olie.
Foto en wenk: Ina du Toit
VAKANSIESLAAI

VAKANSIESLAAI
Resep: Deona Tait van Garsfontein
FOOD LOVERS RECIPES
‘n Heerlike slaai wat vooraf gemaak kan word en tot ‘n week lank in die yskas sal hou. Dis ‘n heerlike bykos by braaivleis, maar ook voortreflik saam met boerewors, ham en gepekelde vleise.
1 blik perskeskywe
1 blik pynappelskywe, gedreineer
1 blik gebakte bone in tamatiesous
1 fles piekeluitjies
Sous:
15 ml suiker
15 ml kerriepoeier Continue reading
SITRUS JOGURT YSKASTERT


SITRUS JOGURT YSKASTERT
1 kg jogurt (volroom sitrus met lemmetjie)
1 pakkie granadilla jellie
200 ml kookwater
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie tennisbeskuitjies
Pak die beskuitjies in ‘n tertbak, hou 2 beskuitjies eenkant. Maak die jellie aan met die kookwater en laat staan eenkant om af te koel
Meng die jogurt, kondensmelk en afgekoelde jellie goed saam en giet die mengsel oor die beskuitjies in die tertbak.
Krummel die 2 beskuitjies oor die tertvulsel en plaas die tert in yskas om te stol.
Resep en foto: Marie Dumas Jennings
BESONDERSE TUNA EN TAMATIE PASTAGEREG


BESONDERSE TUNA EN TAMATIE PASTAGEREG
1 groot ui gekap
1 knoffelhuisie gekneus of 5 ml gekapte knoffel
15 ml kookolie
1 x 410 g blik gekapte tamaties met knoffel, orego en basilkruid
½ x 60 g pakkie sampioensoppoeier
125 ml melk
1 x 185 g blikkie tuna gedreineer, ek gebruik die een in water
300 g skulpienoedels
sout en swartpeper na smaak Continue reading
MACARONI AND TUNA BAKE


MACARONI AND TUNA BAKE
Recipe: Veronica Manter
FOOD LOVERS RECIPES
2 to 3 tins tuna
1 onion, finely chopped
1 green pepper, finely chopped
pinch of mixed herbs
macaroni, cooked and set aside
Mix the tuna, onion, green pepper and mixed herbs with the cooked macaroni. Continue reading
KAASSOUS MET SPRITE
![]()

KAASSOUS MET SPRITE
2 koppies gerasperde kaas (enige soort)
½ koppie sprite
½ teelepel sout
Plaas sout en Sprite in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt.
Stel die hitte laer en voeg die kaas by.
Roer aanhoudend tot sous romerig is en kaas heeltemaal gesmelt het.
Resep: Debbie Delport Steyn
Foto en nota: Mariana Johnson
Die kaassous met Sprite proe baie lekker, te dun, ek het ‘n eetlepel meel in botter gesmelt en bygevoeg. Perfek!
Michelle Thomas:
Dis bietjie te soet vir my.


