OM TE VOORKOM DAT WARM VET SPAT
Ek het vandag iets by my ou wyse moeder Hettie Claassen geleer.
As jy chips of vis of enige iets maak in diep olie, voeg 2 tot 3 eetlepels witasyn in jou olie.
Jou vis of chips trek glad nie olie nie en daar is niks vetspatsels oral nie asgevolg van die asyn wat in die olie is. Probeer gerus glo my dit werk.
Uit die warm karoo
Jorina Smiley Claassen Barlow
Category Archives: Wenke / Tips
VIR BETER BESKUIT TEKSTUUR
VIR BETER BESKUIT TEKSTUUR
Vir beter tekstuur kan die botter gesmelt word tot kookpunt.
Voeg die suiker daarby en klits met elektriese klitser totdat die suiker opgelos is.
Voeg dan die karringmelk by en klits weer goed en dan die eiers.
Klits tot lekker romerig en meng dit dan met die meel.
Wenk: Olga Jacqueline Seaward
BESTE METODE OM ENIGE KOEK TE MENG
BESTE METODE OM ENIGE KOEK TE MENG
Nota:
Bakpoeier is laaste bestanddeel voor jy in oond sit – nie minuut voor dit.
Hierdie is die metode, maak nie saak wat jy maak nie, daar is net 1 metode:
Jy maak so, ongeag wat metode sê:
Skei ALTYD eiers – klits dan eiergeel, suiker en sout tot dit vreeslik romerig, donsig en baie liggeel is.
As resep botter verlang, is dit die volgende om by te voeg.
Meng dan al die droë bestanddele saam – NIE BAKPOEIER, KOEKSODA, ENS NIE.
As daar kakao moet inkom – meng met vloeistof.
Vou nou die vloeistof bietjie, bietjie by eiermengsel saam met die droë bestanddele – nie klits nie – INVOU!
Klits eierwitte styf, maar nie droog – vou dit NOU in tot omtrent alles gemeng is.
Vou nou die bakpoeier in.
Die geheim is die geklitste eier en baie min beweging aan deeg.
Moet ook nie pan skud om borrels uit te haal soos jou OU juffrou ons geleer het.
Voor mens jare terug die ‘wanabe koekmeel’ so gekoop het, het ‘n tannie wat vir tuisnywerheid gewerk het my die metode gegee. Ek lees nie eens meer die koeke se metodes en girl, al kom daar net ‘n halwe koppie meel in, DIE KOEK RYS DIE BAK VOL.
Bron: Joyce Koen
Foto: Ilona Turner
OM DIE KOEKSISTERS TE LAAT BLINK
EIERWIT VIR TERTJIES
Ek maak my eierwit met gesmelte suiker (warm suiker stroop) wat ek byklits as ek styf klits, dan is jou eierwit ook dadelik gaar en kan jy net mooi bruin maak en nie bekommer oor gaar kry, het dit eendag op ‘n kook program op tv gesien en werk soos ‘n bom.
BEHANDELING VAN NUWE GIETYSTERPOT
BEHANDELING VAN NUWE GIETYSTERPOT
GESKRYF DEUR IAN LAING:
Die inbrand van ‘n nuwe pot:
Wanneer ‘n nuwe pot aangeskaf is, kan dit soos volg behandel word. Maak ‘n redelike groot vuur en gooi binne-in die pot ‘n klomp kole. Laat brand vir ongeveer 30 minute. Die rede hiervoor is om die tipe vernis wat die vervaardigers gebruik om te verhoed dat die pot roes, af te brand.
Haal dit dan van die vuur en laat dit stadig afkoel. (Wanneer daar koue water by ‘n baie warm leë pot gevoeg word, kan die pot kraak) Skuur die pot daarna met skuurpapier, sand of as totdat dit begin blink. Kook vervolgens een koppie sout en 2 koppies asyn met die pot driekwart gevul met water vir sowat 30 minute. Continue reading
10 BAK EN BROU WENKE
10 BAK EN BROU WENKE
Bestanddele is peperduur, en mens wil tog nie he jou klam sjokolade koek moet soos droog wurg beskuit afgaan nie.
OF hoekom proe my suurlemoentert dan nie soos tant Sannie s’n nie, ek het die resep dan by haar gekry?
1. Bestanddele MOET altyd vars wees. En as jy wil uithang, sorg dat jy die beste bestanddele gebruik al is dit ook bietjie duurder.
As jy jou vars koekmeel in houers gooi, skryf die datum met ‘n afvee-bare koukie pen op die houer.
2. Wanneer jy enige iets koop, sit jou leesbril op en kyk na die vervaldatum. Hoeveel brode het nie al NIE gerys nie en die suurdeeg was “vandag” gekoop nie?
Maak nie saak wanneer jy dit gekoop het nie, check die vervaldatum in die winkel ! Doen so met die meel en eiers en alles wat jy koop. Continue reading
GOEIE EIER WENK
GOEIE EIER WENK
Tip wat werklik werk:- sit bietjie sout in die olie wat jy eiers in bak, dit laat die eier nie in die pan vas sit nie!
Geplaas deur Andrieshia Gray
LEKKER SAGTE MARGARIEN


LEKKER SAGTE MARGARIEN
Neem 500 gm margarien
1 koppie koue water
1 koppie olie
1 teelepel sout
Laat die margarien sag word (nie in die son of mikrogolf nie) As dit sag genoeg is voeg die bestandele by en klits goed met elektriese klitser.
Jy sal 1kg. margarien kry. Dit kan net nie vir koekbak gebruik word nie. Dit is altyd sag om te smeer.
Geplaas deur Delene Lange Mostert
Foto: Jane Lerm
WASMENGSEL VIR KOMBERSE

WASMENGSEL VIR KOMBERSE
Vermeng
675g waspoeier
250 ml brandspiritus
20 ml bloekomolie
Bewaar dit in ‘n digte houer. Los ‘n koppievol van die seepmengsel in ‘n bad water op en week vuil komberse ‘n rukkie daarin.
Druk-druk die komberse dat dit goed deurweek kan word. Spoel komberse in skoon water uit en hang dit op om droog te word.
Nota: Die bloekomolie in die mengsel laat nie net die komberse skoon en vars ruik nie, maar verdryf ook silwermotte.
Kosmater









