BESTE METODE OM ENIGE KOEK TE MENG
Nota:
Bakpoeier is laaste bestanddeel voor jy in oond sit – nie minuut voor dit.
Hierdie is die metode, maak nie saak wat jy maak nie, daar is net 1 metode:
Jy maak so, ongeag wat metode sê:
Skei ALTYD eiers – klits dan eiergeel, suiker en sout tot dit vreeslik romerig, donsig en baie liggeel is.
As resep botter verlang, is dit die volgende om by te voeg.
Meng dan al die droë bestanddele saam – NIE BAKPOEIER, KOEKSODA, ENS NIE.
As daar kakao moet inkom – meng met vloeistof.
Vou nou die vloeistof bietjie, bietjie by eiermengsel saam met die droë bestanddele – nie klits nie – INVOU!
Klits eierwitte styf, maar nie droog – vou dit NOU in tot omtrent alles gemeng is.
Vou nou die bakpoeier in.
Die geheim is die geklitste eier en baie min beweging aan deeg.
Moet ook nie pan skud om borrels uit te haal soos jou OU juffrou ons geleer het.
Voor mens jare terug die ‘wanabe koekmeel’ so gekoop het, het ‘n tannie wat vir tuisnywerheid gewerk het my die metode gegee. Ek lees nie eens meer die koeke se metodes en girl, al kom daar net ‘n halwe koppie meel in, DIE KOEK RYS DIE BAK VOL.
Bron: Joyce Koen
Foto: Ilona Turner









Theresa de Bruyn
So n rukkie terug het iemand gepost van al die moets en moenies vir koek bak, ek wil net se dit werk soos n bom selfs met die kitskoek mengsels. Ek het die eiers geskei, toe die gele, olie en melk saam geklits, die mengsel by gevoeg, weer geklits, die styf geklitste eierwitte ingevou en toe n teelepel bakpoeier bo oor gesif en goed ingevou, die koek het pan vol gerys en perfek uitgekom.