

MARINA SE EIER EN SPEK MUFFINS
Geen “Carbs” eier en spek muffins. Lekker gesond vir die kinders se kosblik ook! Ek bak hierdie weekliks vir ons, my man vat van dit werk toe vir ‘n 10 uur snack of ligte middagete saam met ‘n lekker groen slaai. Jy kan enige iets bysit soos jou smaakorgane en voorkeure jou voorskryf… die basis is 6 eiers en 1-2 koppies kaas.
Resep maak 12 muffins
6 eiers, geklits in ‘n bak soos vir roereiers, met room of melk (ek gebruik free range)
Voeg die volgende by:
½ pakkie gekapte spek, vir variasie sit ek soms tuna in
1 grof gekapte ui / sprietui
1 – 2 koppies sterk cheddar kaas, gerasper
sout en peper na smaak
klein bietjie chilli flakes, opsioneel
klein stukkies brokkoli, opsioneel Continue reading











