


ZIPLOG SAKKIE OMELETTE
Ek het vanoggend besluit om omelette in ziplog sakkies te maak.
Ek het groen soetrissies, spinasie en salami fyn gesny.
Drie eiers per persoon geklits en bietjie van die vulsel by die geklitsde eier gevoeg met sout en peper na smaak. Voeg die mengsel in ziplog sakkies, plaas die sakkies in ‘n pot met kookwater, ek kon 3 sakkies in my pot pas.
Laat dit kook vir 13 minute en haal die sakkies uit die pot. Glip die omelette uit die sakkies op ‘n bord en geniet. Almal se borde is skoon en ek is happy.
Resep en foto: Leonora B Joodt






