

“LOVE BUG” KOEK
My Meisiekind se Love Bug koek wat ek vir haar gebak het vir haar skool se koekverkoping.
1 kg ready mix vanilla sponge cake mix
9 eiers
450 ml water
100 ml olie
3 kg versiersuiker
Woodenspoon margarien
Kleursel
wit fondant
swart fondant
rooi fondant
2 groot wit pyp skoonmakers
2 groot rooi pyp skoonmaker
Gooi ready mix se droë bestanddele in mengbak. Voeg by eiers en water. Klits goed vir 8 minute. Gooi olie by en klits vir nog 1 minuut. Smeer 2 ronde koekpanne en gooi koekmengel in. Bak in oond vir 20-25 minute op 180 ºC. Laat afkoel.
Voeg versiersuiker in mengbak. Voeg margarien en aarbei geursel by en klits goed tot romerig. Gooi kleursel in en meng weer.
Sny growwe rante van koeke af en plak die 2 koeke met versiersuiker aanmekaar.
Sny deel van koek onder sodat hy kan staan. Smeer koek met versiersuiker vir gladde oppervlakte.
Sit rooi, groen kleursel in “piping bags” en sit eenkant. Rol wit fondant uit vir ogies. Rol swart fondant uit en druk met ‘n koekie drukker ‘n hartjie vorm. Meng klein bietjie versiersuiker met water en plak die swart hartjie pupille in wit ogies. Vat dan van die water versiersuiker en plak ogies aan koek.
Druk met ‘n hartjie drukker klein hartjies uit en sit eenkant.
“Pipe” dan eers die groen gras, en dan die bug. Vou ‘n hartjie met rooi pyp skoonmakers en dan vou die pyp skoonmakers aanmekaar. Druk dan 2 antennas in die koek. Laastens sit die klein hartjies in gras.
Foto en resep: Nadia Swanepoel






