

GIDEON SE VARKSTERTJIE VOORGEREG BY DIE BRAAI
Ons voorgereg vir die braai vanaand
500 g varkstertjies velletjies afgetrek
1 eetlepel heuning
1 eetlepel dijon mosterd
2 eetlepels woestersous
2 eetlepels soetrissiesous
2 eetlepels suurlemoensap
Bietjie olyfolie
Meng alles saam.
Pak die stertjie in ‘n oondpan wat uitgevoer is met foelie.
Smeer olyfolie op die sterte en maal ruim growwe sout bo oor.
Stel die oond op 120 ºC en plaas die pan innie oond.
Laat loop vir 1 uur haal uit en smeer dan met ‘n kwas alle sterte met die mengselsous
Laat loop vir nog twee ure en smeer weer sous aan.
Laat loop vir nog twee ure en wend weer sous aan.
Laat loop vir nog een uur ( 6 ure in totaal ).
En siedaar heerlike oitjie sterte.
Resep en foto: Gideon Louw







Skuif na nuwe blog