


RINIE SE DEURMEKAAR POEDING
Vroulief sê sommer deurmekaar poering en dit was blerrie lekker.
Dit is gemaak van krapjale wat in die yskas was behalwe vir die pakkie jellie
4 koppies rooi fluweelkoek in blokkies gesny
1 klein boksie vla
1 pakkie jellie, aangemaak met warm water en laat stol en in blokkies gesny
½ koppie gesnyde kersies
1 koppie groenvye gesny
1 koppie ingelegde perskes gesny met sous
Pak die bestanddele in lae volgens jou keuse en na elke laag gooi jy ‘n lagie vla.
Skep ook die perske se sous oor elke laag van die koek, herhaal die lae tot bestanddele op is en skep dan die laaste bietjie vla heel bo-op en garneer met die kersies.
Resep : Rinie Louw
Foto : Gideon Louw












