

CARLIEN SE GEMMERTERT
2 pakkies (200g elk) gemmerkoekies in kwarte gebreek, pak jy onderin die bak.
Los 75 ml vlapoeier op in ‘n bietjie kouewater.
Kook 2 koppies water, 1 koppie gouestroop en 1/2 teelepel fyn gemmer saam, roer die vla en 1 eletlepel botter in en roer tot dik.
Giet dit oor die koekies en maak seker al die stukkies is bedek.
Verkoel en keer uit op ‘n bord.
Versier met room en gebreekte Flake-sjokolade.
NOTA: As jy die vla meer maak, hoef jy nie stroop ook te verdubbel nie, want die vla-sous is mos al klaar soet.
Bron: Carlien Coetzee






