

JELLIE VLA POEDING VINNIG EN MAKLIK
2 pakke jellie
1 blik kondensmelk
Ultramel vla
Waver koekies
Maak 1 pakkie jelly aan soos normaal weg, deel in koppies en bere in yskas om te stol.
Wenk: Spoel koppie met klein bietjie water gemeng met olie.
Maak dan ‘n ander geur jellie aan met ‘n koppie ( 250 ml) warm water en roer.
Gooi dan ‘n blik kondensmelk by en roer goed. Gooi oor die ander jellie wat gestol het.
Bêre weer in yskas.
As jy sukkel om die vorm los te kry, sit die koppies vir so paar sekondes in ‘n bak met kookwater.
Nie te lank nie die jellie sal weer smelt. Ek het sommer ultramel en wafer koekies gebruik maar jy kan gebruik wat jy wil.
Bron: Ursula Mensing Peens
Foto: Ursula Mensing Peens







Submitted