
SJOKOLADE FUDGE KOEKIES
250 g botter
500 g versiersuiker
40 g kakao
2 eiers
2 pakkies Marie / Tenniskoekies
Mikrogolf die botter ongeveer 1½ min tot gesmelt.
Sif versiersuiker en kakao saam en roer dit by.
Klits eiers en roer ook by.
Mikrogolf mengsel ongeveer 2 min.
Breek koekies in stukkies en meng by mengsel.
Skep in n bak van 20 x 20cm en laat afkoel.
Plaas in koelkas om goed styf te word en sny in blokkies.
Bron: Christa Fernandez Pienaar













