

SANET SE SJOKOLADEBRUINTJIES
250 g botter gesmelt
200 g bruinsuiker
4 eiers
80 g heelneutsjokolade gesmelt
160 g donkersjokolade gesmelt
5 ml vanieljegeursel
40 g kakaopoeier
25 g koekmeel
knippie sout
125 g grof gekapte neute
Versiering
80 g Sjokolade gesmelt
Gekapte neute (opsioneel)
Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer ‘n vierkantige 25cm pan of voer met bakpapier uit.
Meng die botter, suiker, eiers, sjokolade en geursel in ‘n mengbak.
Meng kakao, meel, sout en neute in ‘n ander bak.
Voeg die droë bestanddele by die sjokolademengsel en vou deeglik in.
Giet die beslag in die voorbereide pan en bak 15min by 180ºC.
Bak dan nog 10 min by 140ºC. Haal uit die oond en laat in die pan afkoel. Sny in blokkies.
Versiering:
Smelt die ekstra sjokolade en bedruip die blokkies daarmee. Versier met ekstra neute of lekkers.
Sanet Eigelaar se raad op die resep is. Moet tog nie die bruintjies te lank bak nie, want jy soek dit lekker “gooey” aan die binnekant.
Julle dit was nou wraggies flippen lekker!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Bron – Koekedoor 2 resepte boek
Foto – Benhet Nieuwenhuis






