

FRIED SALMON FILLETS
Place ½ cup plain cakeflour in a bowl.
Season flour with salt, pepper, chicken spice and garlic powder.
Coat fillets well with flour mixture and set aside.
Put 1 tablespoon oil and 1 tablespoon butter in a pan.
Heat gently and place the fillets in it (not on the skin side).
Let it brown gently, until browned. Turn onto skin, put heat up a little and crisp skin.
Photo: Jennifer Weir
Category Archives: Vis / Fish
VISKOEKIES VAN VIS IN TAMATIESOUS


VISKOEKIES VAN VIS IN TAMATIESOUS
Resep en foto: Petré van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie vis in tamatiesous (ek haal die graatjie in die rug uit, ek gebruik die sous ook)
¼ ui, fyn gekap
soetrissie, fyngekap na smaak
1 eier
klein bietjie fyn neutmuskaat
grofgemaalde swartpeper en sout, na smaak
2 eetlepels soetrissie sous
6 tot 7 snye brood, waarvan krummels gemaak is in die voedselverwerker
olie vir bak
Meng alles saam in bak.
Vorm balle en druk effens plat.
Bak tot mooi bruin aan albei kante.
ROOI ROMAN IN DIE OOND GEBAK


ROOI ROMAN IN DIE OOND GEBAK
Nadat die vis skoongemaak is, stop binne in die maag met fennel, skywe tamatie en uieringe. Maak die vis toe en geur met vis speserye, sout, suurlemoensap en botter.
Sny genoeg suurlemoen skyfies en plaas onder in die oondpan.
Plaas die heel vis op die skyfies in ‘n oondpan. Sit paar uie ringe bo-op die vis ook.
Maak oondpan toe met foelie en bak 45 min teen 180ºC.
Geniet saam met roosterbrood, guacamole, gebraaide chilli-pynappel en angel kisses.
Resep en foto: Elize de Kock
GIDEON SE GEROOKTE PAP SNOEK


GIDEON SE GEROOKTE PAP SNOEK
Ek weet nie wie van julle al ‘n pap snoek gerook het nie, maar ek het gisteraand en dit is verskriklik lekker.
Ek het vooraf geweet dit is pap, omdat ons vroeër die ander helfte wou bak, maar dit het nie gebeur nie
½ gesoute snoek, in stukke gesny
2 hande vol akkerhoutsaagsels
Maak jou varkie oond warm en gooi die saagsels op die bodem.
Plaas die snoek op foelie op die rak in die warm oond.
Bak vir 15 min en haal uit ons het amper ons vingers afgebyt van lekkerte.
Dit is ook net so lekker as jy dit op brood smeer.
Resep en foto: Gideon Louw
KERRIEVIS (INGELEGDE VIS)


KERRIEVIS (INGELEGDE VIS)
1,75 kg vis enige ferm wit vis, kabeljou, geelbek, koningklip
sout en peper
45 ml matige kerrie (ons het Raja gebruik)
15 ml borrie
20 ml sout of na smaak
2,5 ml rooipeper (opsioneel)
750 ml asyn
125 ml water
4 middelslag uie, in ringe gesny
6 gekneusde suurlemoen of lourier blare
20 ml sout
Continue reading
ALTA SE KERRIEVIS MET ‘N VERSKIL



ALTA SE KERRIEVIS MET ‘N VERSKIL
Kabeljou, geelbek of geelstert, stokvis kan ook gebruik word, stokvis bietjie droog omdat daar nie graat in is nie, want die ander vis vlek ons net aan een kant, sodat die dik graat aan vis bly, dit gee die jellie as die vis ‘n paar dae staan, sodat kerrie sous kan deurtrek.
2 kg vis van bogenoemde in mooi porsies gesny, sout vis na smaak
6 uie, skil en sny in dik ringe
Ek gebruik my plat AMC of Bastill pot vir pak en tyd aspek.
Gooi helfte van uie onder in kastrol, pak vis met vleiskant na onder mooi by mekaar, dan weer laag uie, weer ‘n laag vis.
Probeer 2 de laag vis in teen oorgestelde rigting lê (vir sous om deur te beweeg wanneer dit kook). Continue reading
SNOEK AKHNI


SNOEK AKHNI
8 pieces of fresh snoek
1 tablespoon crushed garlic
Bay leaves
1 stick cinnamon
2 onions, chopped
oil to fry fish in
fargos fish masala
flour to dust fish for frying
3 tablespoons packo roasted masala
1 teaspoon garaam masala
1 teaspoon leaf masala Continue reading
RONELL SE KERRIEVIS


RONELL SE KERRIEVIS
3 kg stokvis, gefillet en in happie groottes gesny
meel om in te rol
8 uie, ringe gesny
6 swart peperkorrels
5 loerierblare
4 eetlepels matige kerrie rajah of eie keuse
1 teelepel borrie
sout na smaak
4 koppies bruin druiwe asyn
4 koppies suiker (hou nie van erg suur nie, lê dit nie in nie)
2 koppies water Continue reading
DENZY’S TOMATO, FENNEL AND GARLIC ANGELFISH


DENZY’S TOMATO, FENNEL AND GARLIC ANGELFISH
1 Angelfish, halved
1 onion slices
1 tomato slices
4 mushrooms slices
1 tablespoon fresh fennel
1 teaspoon thyme
2 tablespoons apricot jam
2 tablespoons lemon
1 teaspoon garlic
2 tablespoons tomato sauce
2 tablespoons butter
Continue reading
VIS SOUFLE


VIS SOUFLE
1 blik sardiens in tamatiesous, haal graatjies uit en maak fyn met vurk.
Skei 1 eier.
Voeg geel by vis.
Klop wit styf.
Eetlepel blatjang by vis ook sout en peper.
1 Sny brood in melk geweek. Maak fyn en voeg by vis.
Meng vis mengsel deur.
Vou geklopte eierwit in.
Gooi in vuurvaste bak en bak teen 180ºC tot mes skoon uitkom.
Ons eet dit gewoonlik met kapokaartappels, ertjies en tamatie slaai.
Resep: Mariette Scholtz

