LEKKER VERSIERING VIR CUPCAKES
500 g Wooden Spoon margarien, bietjie sag gemaak in mikrogolf
8 koppiies versiersuiker
Meng dit goed, gooi so bietjie vanilla by, gebruik room om dit sagter te maak as die mengsel te styf is, en klits, klits, klits!!! …
In plaas van vanilla kan suurlemoen by kom.
As jy sjokolade versiersuiker maak gooi ek so 4 teelepels opgelosde koffie met min water gemeng en vanilla by en gebruik gewone Stork bake margarien. Enige ander kleur werk die beste met Wooden Spoon. Continue reading















