HIERDIE IS ‘N WENNER, MAAK SEKER JY HET ‘N LEKKER GROOT FLAN PAN
4 eiers
1 koppie koekmeel
2 ½ teelepels bakpoeier
½ koppie warmwater
3 eetlepels botter, gesmelt
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
Klits eiers en suiker tot romerig.
Sif tesame meel en bakpoeier en skep bo-op die eiers en suiker mengsel.
Meng die botter, warm water en vanilla. Giet die bottermengel bo-op die meelmengsel in die bak. Roer goed deur.
Skep in gesmeerde flan panne. Bak by 180 ºC vir 15 minute.
Hierdie randkoek kan gevul word met verskillende vulsels, die oumense was baie lief vir flans bak, en dit is regtig ‘n treffer.
Dit was my oorlede mammie se resep!!!
Resep: Esther Mocke Mouton








