BAR ONE PANNEKOEK
Vier pannekoeke
1 blikkie karamel kondensmelk
250 ml room
2 piesangs
1 groot Bar One
250 ml vanilla roomys
Sny Bar One en piesangs in skyfies.
Smelt Bar One in ‘n pot en voeg die room by.
Vou die kondesmelk in.
Plaas skyfies piesang in die middel van die pannekoek en skep die sous oor.
Vou toe en geniet.
Resep geplaas deur Linda Venter







