KEURIGE KAASKOEK
Kors:
1 pak (200 g) volkoring-beskuitjies, fyn gemaak
60 ml gesmelte botter
5 ml fyn kaneel
Vulsel:
500 g Tusser’s-kaas, fyn gerasper
200 ml suiker
250 ml koekmeel
Knippie sout
1 ekstra groot eier
6 ekstra-groot eiers, geskei
180 ml suurroom
sap en skil van 1 suurlemoen
100 ml strooisuiker
Voorverhit die oond tot 160 ºC. Spruit ‘n 23cm losboompan met kleefwerende middel.
Meng al die bestanddele vir die kors goed saam en druk op die bodem van die voorbereide pan vas. Hou in die yskas tot benodig.
Klits die kaas en suiker saam tot goed gemeng (ons het dit sommer in die voedselverwerker gedoen).
Sif die koekmeel en sout by en klits goed.
Voeg die eier, asook 6 eiergele by en klits goed.
Voeg die suurroom en sap en skil van die suurlemoen by en meng deur.
Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en voeg die strooisuiker bietjies-bietjies by terwyl dit aanhoudend geklits word.
Vou in by die kaasmengsel en giet in die voorbereide kors.
Bak 1 uur lank tot die kaaskoek stewig is.
Skakel dan die oond af en laat die koek in die oond afkoel.
Verwyder uit die pan en plaas op ‘n mooi dienbord.
Lewer ‘n groot kaaskoek.
Geplaas deur Katie Heine