BOEREWORS AND ONION QUICHE
A delicious quiche made with onion, cheese and South Africa’s favourite sausage boerewors!
15 ml margarine
500 g boerewors
300 ml cheddar cheese, grated
200 ml cake flour
1 onion, chopped
1 sachet KNORR Creamy Cheese Vegetable Bake
1 clove garlic, crushed
1 handful of rocket Continue reading→
Category Archives: Terte – Sout / Savoury Tarts / Quiches
GEROOKTE KAAS- EN TAMATIE SOUTTERT

GEROOKTE KAAS- EN TAMATIE SOUTTERT
Hoe om ‘n souttert ‘n moderne voorkoms te gee? Bak dit in ‘n diep pan! Dit laat meer plek vir vulsel en gee meer mense kos! Dis eintlik ‘n totsiens-tert, want alhoewel Casper en Aletta nie die -bordjie soet-deel van die rondte geslaag het nie, was hul -bordjie sout bydrae – hierdie dieppan-souttert – lekker. As jy nie die kersietamaties self wil rook nie, kan jy vars tamaties gebruik. Dis ook ‘n lekker ligte middagete saam met ‘n kleurvolle slaai. En plaasbrood! Maak jou eie broskorsdeeg soos Casper of koop klaargemaakte broskorsdeeg. Continue reading
SPINACH BACON AND FETA QUICHE
SPINASIE, FETA EN SPEK QUICHE
SPINASIE, FETA EN SPEK QUICHE
Kors:
45 ml botter (gesmelt)
100 ml koekmeel
1 ml sout
30 ml gerasperde Chedder kaas
Meng bogenoemde en druk uit in ‘n gespuite tertbak as kors. Plaas in die yskas.
Vulsel:
1 groot ui gekerf
125 g spek gesnipper
Continue reading
BOELIEBIEF SOUTTERT



BOELIEBIEF SOUTTERT
Ek het vanaand die resep gemaak met boeliebief en julle sal nie glo hoe lekker dit was nie. Ek gaan dit defnitief gou weer maak.
3 snye witbrood, korsies verwyder
250 ml melk
1 x 300 g boeliebief, fyngesny of fyn gedruk met vurk
1 ui, gerasper
1 tamatie in klein blokkies gesny
borrie, mixed herbs en kerrie
swart pepper na smaak
groen soetrissie, fyn gekap
15 ml olie
250 ml gerasperde kaas
5 eiers, geklits Continue reading
SOUTTERT MET BILTONG EN CHEDDARKAAS
SOUTTERT MET BILTONG EN CHEDDARKAAS
1 vel (400 g) gekoopte broskorsdeeg
250 g cheddarkaas, gerasper
150 g gesnyde biltong
4 eiers
375 ml room
Verhit oond tot 180°C.
Voer ‘n gesmeerde tertbak van sowat 32 cm uit met deeg.
Sprinkel cheddarkaas in die bak en strooi biltong oor.
Klits eiers en room saam en giet oor vulsel.
Plaas in warm oond en bak vir sowat 1 uur tot vulsel gestol het. Laat staan vir sowat 10 minute voor jy die tert voorsit
Foto: Benhet Nieuwenhuis
2de foto: Jolanda Jaars – (Ek het wel net die biltong met spek vervang asook die room met melk.)
DELICIOUS ASPARAGUS TART
PASTORIE SOUTTERT
PASTORIE SOUTTERT
1 gekapte ui
1 blikkie bully beef
1 blikkie viennas
500 ml gerasperde kaas
2 dik snye witbrood
250 ml warm melk
2 eiers
sout en peper
Week brood in melk en meng dan alles saam. Bak 180ºC vir 45 minute. Kan ook blikkie roomsampioene insit, maar ek los dit maar uit as ek die souttert vries.
Foto 1: Liana Barnard Claassen
Foto 2: Belinda Minnie
Resep geplaas deur Christelle Erasmus
RIENIE SE KORSLOSE TUNATERT
RIENIE SE KORSLOSE TUNATERT
Het by my skoonma Rienie gekry.
1 blikkie tuna
1 ½ koppie water
1 ½ koppie melk
1 pakkie sampioensoppoeier
1 groot pak kaas en uie chips
1 fyngekapte ui
1 eetlepel asyn
2 eiers
Meng al die bestanddele en bak by 180°C vir so ½ uur.
Dit vries lekker!!
Resep: Liana Barnard Claassen
Foto: Marie Rheeder Troskie
WARM KAASTERT


WARM KAASTERT
1 ½ koppies koekmeel
85 g botter
2 teelepels bakpoeier
1 eier
½ koppie suiker
1 koppie melk
½ koppie gerasperde kaas
sout
Ekstra:
Marmite
½ koppie gesmelte botter
½ koppie gerasperde kaas
Room botter en suiker, klits melk en eier tot skuimerig. Meng droë bestanddele by asook kaas.
Bak 40 minutes in matige oond.
Wanneer dit gaar is smeer marmite dun oor en sprinkel ‘n ½ koppie gesmelte botter oor.
Sit in oond voor bediening om warm te word en strooi dan ½ koppie kaas oor.
Geplaas deur Joey Kruger
1 ½ koppies koekmeel
85 g botter
2 teelepels bakpoeier
1 eier
½ koppie suiker
1 koppie melk
½ koppie gerasperde kaas
sout
Ekstra:
Marmite
½ koppie gesmelte botter
½ koppie gerasperde kaas
Room botter en suiker, klits melk en eier tot skuimerig. Meng droë bestanddele by asook kaas.
Bak 40 minutes in matige oond.
Wanneer dit gaar is smeer marmite dun oor en sprinkel ‘n ½ koppie gesmelte botter oor.
Sit in oond voor bediening om warm te word en strooi dan ½ koppie kaas oor.
Geplaas deur Joey Kruger











