PASTORIE SOUTTERT
1 gekapte ui
1 blikkie bully beef
1 blikkie viennas
500 ml gerasperde kaas
2 dik snye witbrood
250 ml warm melk
2 eiers
sout en peper
Week brood in melk en meng dan alles saam. Bak 180ºC vir 45 minute. Kan ook blikkie roomsampioene insit, maar ek los dit maar uit as ek die souttert vries.
Foto 1: Liana Barnard Claassen
Foto 2: Belinda Minnie
Resep geplaas deur Christelle Erasmus









