SPINASIE, FETA EN SPEK QUICHE
Kors:
45 ml botter (gesmelt)
100 ml koekmeel
1 ml sout
30 ml gerasperde Chedder kaas
Meng bogenoemde en druk uit in ‘n gespuite tertbak as kors. Plaas in die yskas.
Vulsel:
1 groot ui gekerf
125 g spek gesnipper
250 ml spinasie en feta (Bought pkts)
2 groot eiers
250 ml melk
125 ml room
30 ml koekmeel
gerasperde Chedder kaas vir bo-oor
Paprika
Braai uie en spek saam.
Meng die vulselbestanddele, buiten die kaas saam en skep in die kors.
Strooi kaas oor.
Bak in oond teen 180ºC vir 30 min
Resep geplaas deur: Diane Roode Hancox








