


BOELIEBIEF SOUTTERT
Ek het vanaand die resep gemaak met boeliebief en julle sal nie glo hoe lekker dit was nie. Ek gaan dit defnitief gou weer maak.
3 snye witbrood, korsies verwyder
250 ml melk
1 x 300 g boeliebief, fyngesny of fyn gedruk met vurk
1 ui, gerasper
1 tamatie in klein blokkies gesny
borrie, mixed herbs en kerrie
swart pepper na smaak
groen soetrissie, fyn gekap
15 ml olie
250 ml gerasperde kaas
5 eiers, geklits
Voorverhit oond tot 190°C en smeer ‘n medium tertbord met botter of bespuit met Spray & Cook.
Week die brood in die melk en meng die res van die bestanddele by. Skep uit in tertbord.
Bak vir 30-45 minute tot goudbruin en gestol. Bedien met ‘n slaai.
Heerlik!!!
Nota van Stien: Ek het ‘n ½ teelepel elk van die borrie en kerrie gebruik en ek vries gekleurde soetrissies in ‘n sakkie, daarvan seker so ‘n kwart koppie bygesit. Ook bietjie paprika oorgestrooi voor ek dit in die oond gesit het.
Foto’s: Stien Rust






