
BESSIE KAASKOEK NAGEREG VIR DIABETE
4 groot porsies of 8 – 12 kleiner porsies
125 ml laevet-roomkaas
125 ml laevet-ricottakaas
45 ml suiker of suikerplaasvervanger
skil en sap van ½ lemoen
3 koppies bessies (bv. gesnyde aarbeie, bloubessies, frambose) of bevrore bessies
klapperskaafsels
Meng roomkaas, ricottakaas, suiker of plaasvervanger, skil en sap deeglik in ‘n voedselverwerker. Verdeel die bessies tussen 4 glase. Bedek met kaasmengsel. Plaas in die yskas vir ongeveer 4 uur. Bedien met klapperskaafsels.
Resep: Jan Van Niekerk
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.











