

MARIETTE SE SJOKOLADE KITS POEDING
Sjokolade kitspoeding, lagie Romany Cream krummels, laag styfgeklopte Orley Whip met stukkies Bar-One in, met Romany Cream krummels bo-op (jy kan ook die Bar-One stukkies meng met roomkaas en dan net afrond met Orley Whip of room)
1 pakkie sjokolade kitspoeding aangemaak met 450 ml volroom melk
1 houertjie Orley Whip styfgeklop
3 klein Bar-One sjokolades, in blokkies gesny
1 bakkie roomkaas
1 pakkie Romany Cream koekies
Maak kitspoeding aan met die melk.
Klop Orley Whip styf.
Meng die blokkies sjokolade met die roomkaas.
Maak Romany Cream koekies fyn (krummels).
Pak nou laag kitspoeding, plaas in yskas om te stol.
Lagie koekie krummels.
Lagie roomkaas met blokkies bar one.
Lagie Orley Whip.
Herhaal lae in tertbak of in glase.
Rond af met Orley Whip en sprinkel beskuitjie krummels of rasper sjokolade bo-op.
Foto en Resep: Mariette Heydenrych-Kotze






