

KOOKWATER DEEG VIR PASTEIE
Hmmm…..nie ‘n slegte eerste poging nie. Maar kan definitief beter.
230 g stork margarien
½ koppie kookwater
2 koppies bruismeel
‘n knippie sout
Smelt die margarien in die kookwater.
Voeg die bruismeel en sout by en meng goed.
As die deeg baie slap is voeg nog bietjie meel by.
Plaas in vrieskas vir ‘n paar uur.
Rol deeg baie dun uit en gebruik soos benodig.
Bak by voorverhitte oond by 200ºC vir vanaf 20 min tot 40 min afhangende van hoe groot die pasteie is.
Resep: Shirley Frauendorf
Foto Nicolaas Martinus Swanepoel
Nota: Deeg was te slap en ek het meel bygevoeg tot ek tevrede was met die tekstuur.
Van Wyk Kotze Angelica
Ek gebruik dit vir jare maar met 8 koppies meel met 1 kg botter dit werk fantasties. Beste deeg.










