
VERSKEIDENHEID PASTEI DEEG IDEES
SLAP PASTEI DEEG
125 ml olie
125 ml melk
200 ml bruismeel (of 200 ml koekmeel en 2 teelepels bakpoeier)
1 eier, geklits in bietjie water
Meng tot slapdeeg – skep bo-oor pastei en bak in oond by 180 ºC vir ongeveer 15 min tot gaar en goudbruin
SLAP PASTEIDEEG
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
125 ml botter of margarien
¾ koppie melk
1 eier
2 ml sout
Vryf botter in meel in.
Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ’n slap deeg.
SLAP PASTEIKORS MET RYS:
2 eiers
125 ml melk
12,5 ml gesmelte botter
125 ml gaar rys
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
125 ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif koekmeel en bakpoeier by en skep bo-oor ‘n vleismengel. Bak tot goudbruin’
MIELIE KORS: SLAPDEEG
1 koppie bruismeel
1 teelepel mosterdpoeier
2 teelepels vars pietersielie
4 eetlepels botter
420 g geroomde suikermielies
4 eetlepels melk
1 eier
Meng alles saam en skep oor vleisgereg en bak tot goudbruin.
SUIKERMIELIEPASTEIKORS: SLAP
1 koppie suikermielies
¾ koppie melk
2 eiers
2 eetlepels mielieblom
2 eetlepels margarien
2 teelepels bakpoeier
sout
Meng alles en skep bo-oor maalvleis.
KORS: SLAP DEEG
2 ½ koppie koekmeel
5 ml sout
20 ml bakpoeier
250 ml cheddar kaas geraasper
30 ml pietersielie gekap
160 ml olie
250 ml melk
3 ml suurlemoensap
2 ekstra groot eiers
Meng die koekmeel, sout en bakpoeier. Voeg kaas en pietersielie by.
Klits die olie, melk, sap en eiers saam. Meng met meelmengsel.
Skep lepels vol oor vleis en bak vir sowat 30 min by 200 ºC tot gaar en mooi goud bruin. Biedien dadelik.
MAKLIKSTE PASTEIDEEG OOIT !!!
Gebruik altyd gelyke dele van:
koekmeel
chedder kaas, gerasper
botter, gerasper
Meng goed deur met vingerpunte (of menger) tot bolvorm.
Sit in yskas vir ‘n rukkie, rol uit – sit jou vulsel in en bak by 180 ºC tot gaar en goudbruin.
Gebruike:
Vir pasteie, quiche, klein pasteitjies in muffin pannetjies, vir bo-op ‘n pastei of rasper dit bo-oor enige gereg en bak tot gaar en goudbruin.
Bepaal self hoeveel pasteideeg het jy nodig – bv. 100 g botter, 100 gr meel en 100 g gerasperde kaas of as jy meer deeg soek, 200 g botter, 200 g meel en 200 g kaas.
LET WEL: Dit is bv NIE halwe koppie meel en halwe koppie kaas nie, dit moet in gramme wees, want jou meel en kaas ens weeg nie alles dieselfde nie.
MAKLIKE PASTEIKORS
Geen uitrol nodig, gebruik vir bo-op terte en pasteie of onderlaag
75 ml olie
75 ml melk
1 eier
¾ koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knippie sout en peper
Klits olie, melk, eier saam.
Voeg meel, sout, peper, bakpoeier by.
Klits alle bestanddele bymekaar en skep in tertbak bodem of giet bo-oor tertmengsel voor dit gebak word.
SODAWATER PASTEI KORS
(twee 200 mm tertdoppe)
500 g koekmeel
5 ml sout
500 g botter
12,5 ml brandewyn
250 ml sodawater of minder
Sif die koekmeel en sout saam.
Sny 125 g van die botter met twee messe of ‘n deeg snyer in die koekmeel.
Rasper die res van die botter op ‘n growwe rasper en hou dit in die koelkas .
Meng die brandewyn en genoeg sodawater met die meelmengsel om ‘n handteerbare deeg te vorm.
Rol die deeg versigtig 5 mm dik uit.
Bedek twee-derdes van die uitgerolde deeg met een-derde van die gerasperde botter.
Vou en bewerk verder net soos vir skilferkors.
Draai die deeg in waspapier of bladaluminium toe en hou dit in die koelkas. gebruik soos vir skilferkors.
Hierdie romerige kaasdeeg kan ook vir pasteitjies en kleingebak gebruik word.
Die deeg kan tot drie maande bevries word.
MAASKAAS PASTEI DEEG:
250 ml koekmeel
2 ml sout
5 ml mosterdpoeier
125 g koue botter
125 g gladde maaskaas
Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter met die vingerpunte in tot los en krummelrig.
Voeg die maaskaas by en meng tot ‘n sagte deeg.
Draai die deeg in kleef plastiek toe en verkoel ‘n paar uur.
PASTEI DEEG
(Baie maklik en onfeilbaar)
250 g gladde plain maaskaas of geroomde maaskaas
250 g botter of margarien (kamer temp)
2 koppies koekmeel
Meng maaskaas en margarien met vurk. Meng meel by met houtlepel. Vorm bol. Gebruik soos benodig.
SLAP PASTEIDEEG
125 ml olie
125 ml melk
200 ml bruismeel
1 eier, geklits in bietjie water
Meng tot slap deeg en giet bo-oor maalvleis.
Bak in oond by 180⁰C vir ongeveer 15 minute tot gaar en goudbruin.
Resep geplaas deur Annelie Bronkhorst
Foto: Adam Cloete