
MARIE SE PASTEIDEEG
Iemand het vroer vir pastei deeg wat jy met soda water maak. Ek het n resep vir deeg wat ek graag met julle wil deel. Baie maklik en lekker.
Warm water deeg
3 koppie koekmeel
6 teelepels bakpoeier
1 koppie kookwater
¾ van 250 g botter
Los botter in kookwater op. Meng droë bestanddele by en maak aan met houtlepel. Laat bietjie in die yskas rus.
Moet nooit dubbel aan maak, as nog nodig het, maak deeg weer aan
Resep: Marie Greeff
Nota:
Ek gebruik 250 gr en gebruik net minder as 3/4 daarvan. Kan nie se hoeveel gr of ml dit presies is. Deel margarine in 4 en gebruik 3 van die 4 dele hoop dit help dit is maar wat ek doen. Nooit n flop
Ane En Okkie Brits
Myne is soos volg. Baie lekker deeg vir pasteie.
4 koppies koekmeel
500 g Stork bake
8 teelepels bakpoeier
sout
1 koppie kookwater
Smelt margarine in kookwater. Laat afkoel. Sif droë bestanddele. Meng met afgekoelde margarine en water mengsel. Sit slap mengsel oornag in yskas vir gebruik.
Nota:
2 eetlepels suiker kan bygevoeg word vir soet deeg.
Die deeg is slap maar stol hard. Haal uit yskas en sny net soveel af as benodig. Dit word anders te sag. Hierdie is ‘n baie ou resep. Jy kan hom lank in yskas hou. Nie seker hoeveel pasteie dit maak nie. Oorspronklike naam is kookwater pasteikors.







Elsabie Templeton
Hierdie is die kookwater degie wat ek altyd vir my pasteitjies gebruik. Veral die onderkant van pasteitjies bak ordentlik deur met hierdie resep.