

TWEE KOMKOMMERSLAAI
Rasper die volgende op growwe kant van rasper en meng:
1 x medium Engelse komkommer
3 x groot Miami Sweet & Sour Cucumbers (agurkies)
1 x medium grootte wit ui
1 x dik wiel Pick ‘n Pay Black Pepper Feta
1 x gekookte eier (opsioneel)
Bietjie mayonaise kan ook bygevoeg word. Komkommer maak egter heelwat sap. Ek het nie sout en peper bygevoeg nie, die feta se sout en peper was voldoende.
Geniet saam met gebakte vis of as vegetariese ete.
Resep: Christelle van Rooyen
Foto: Christelle van Rooyen -Vanaand sonder eier gemaak, as bykos saam met steak.






