

BERNICE SE MELKTERT
Foto en resep geplaas deur Bernice Walters
FOOD LOVERS RECIPES
Ou mikrogolf wenresep maar ek maak hom al die jare op die stoof. Ek skei my eiers van die melkmengsel. Klop die eierwitte dan styf en vou laaste in die melkmengsel.
Kors:
1 koppie koekmeel
60 g margarine
1 eiergeel
1 teelepel bakpoeier
4 eetlepels suiker
Room botter en suiker.
Voeg eiergeel by. Voeg droë bestanddele by. Druk vas in ‘n tertbord en bak by 160°C vir 20 minute. Haal uit en laat afkoel.
Vulsel:
2 koppies melk
1 eetlepel margarien
2 eiers
6 teelepels suiker
1 eetlepel koekmeel
1 eetlepel maizena
Kook melk en margarien in mikrogolf. Klits eiers en suiker tot skuimerig. Meng meel en maizena met eiermengsel en voeg by kokende melkmengsel. Giet eers ‘n bietjie van die kokende melkmengsel by die eiermengsel en meng. Dit is om te verhoed dat die eiermengsel skif. Plaas mengsel terug in mikrogolf en kook totdat dit dik is. Roer af en toe anders kook dit oor. Giet dit in die gaar kors en sprinkel kaneel oor. Laat afkoel. Dit word nie weer gebak nie.






