

SPEK, EIER, BROOD EN KAAS KOPPIES
Dit lyk nou dalk nie die beste nie, maar smaak heerlik.
Smeer die ‘muffin’ pan vol botter.
Druk die brood effens plat, sny in sirkels uit en lê in die pan uit, smeer met botter.
Berei die spek voor.
Lê die spek binne in die pan, oor die brood.
Voeg een eier by, bo op die spek en sprinkel met sout en peper.
Bedek met kaas en bak in die oond tot die eier gaar is.
Ek het op 150°C vir 10min.
Hoe korter jy dit bak, hoe meer loperig is die geel.
Foto en resep deur Madelynn Duvenhage






