
GRADERING VAN VLEIS
As ek net so een kraai hier van my mis hopie af kan gee.
Ek het al agter gekom daar heers heelwat verwaring onders ‘n klompie van ons aangaande die gradering van vleis, vernaam bees. Baie mense dink “A” graad is die beste snit om te koop, en die kwaliteit neem af tot by C. Die gradering het NIKS met die kwaliteit van vleis te doen nie, maar is slegs ‘n aanduiding na die ouderdom van die bees ten tye wat hy geslag is.
Die vet inhoud wat IN die vleis is, (Marbling) bepaal die kwaliteit van die vleis. Vleis gradering is eintlik baie ingewikkeld, maar vir ons moet ons net weet wat beteken die Letter en die nommer.
‘n A1 karkas is ‘n baie jong dier (onder 12 maande, met bitter min vet op) GLAD NIE geskik vir biltong nie, en marineer hom maar met oom Piet se geheime sousie voor jy hom braai. ‘n C4 karkas is ‘n dier ± 2 jaar en ouer, met redelik baie vet op. Hierdie vleis is idiaal vir biltong, maar is ook baie geskik om ryp te maak (vakuum verpak) vir minimum 14 -21 dae. daai styks smeer jy biekie botter of olyf olie, biekie sout & swart peper of braai spice. Die vleis het smaak.
Inligtingstuk deur Bart van Wyk






