

GROENBOONTJIES MET SPEK EN KAAS
Kook groenbone en ui in water met net sout en peper na smaak totdat dit sag genoeg vir jou is.
Braai die spek stukkies in ‘n pan tot krakerig.
Meng alles saam in ‘n oond bak, strooi gerasperde kaas bo oor en bak in die oond op 180ºC totdat die kaas ook lekker gesmelt en bruin is.
Baie maklik en baie lekker, ‘n resep wat ek by my Ma geleer het.
Resep en foto: Eduan Joubert
One thought on “GROENBOONTJIES MET SPEK EN KAAS”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Dis heerlik. Ek wat nie juis van boontjies hou nie, het 2x gaan skep. Ek het net room bygevoeg voor ek dit in die oond gebak het