KOUE POEDING- WEG MET DIE WIND
1 blikkie pynappels
3 pakkies pynappel jellie
3 koppies kookwater
1 blikkie Idealmelk ( 2 uur in vrieshokkie gelos word )
Kan 1 koppie klein gesnyde ingemaakte perskes ook by voeg na smaak.
Los jellie op en laat afkoel, klits goed voor dat dit stol. Klits die Idealmelk en jellie saam.
Voeg die pynappel en perskes by en laat stol.
Bedien met dun vla.