

SOET “THAI” HOENDER KERRIE
RESEP- Minouise Vd Merwe
Foto: Susan Burger – het net ‘n greenpepper bygesit, maar was heerlik!
FOOD LOVERS RECIPES
2 pakkies hoender borsies, skoon gemaak en in blokkies gesny (genoeg vir ‘n gesin van 6)
1 eetlepel knoffel
4 eetlepels margarien
2 wit uie, fyn gesny
4 eetlepels “kerrie paste”
4 eetlepels grondboontjie botter
250 ml (1 koppie) melk
1 blikkie tamatie en uie smoor
4 eetlepels tamatiesous
wortels
aartappels
Smelt die margarien. Braai knoffel en uie en verbruin. Sodra gekarameliseer, braai die hoender blokkies. Strooi ‘n bietjie, Mixed Spice, Mixed Herbs, Paprika (‘n MOET in enige kerrie ) tot ‘n lekker bruin kleur.
Skil die aartappels en sny in kwarte, was die wortels en sny hulle in redelike groot stukke. Voeg by die gebraaide bestanddele, bedek met water (in ‘n stoompot) en stoom vir so 20min.
Kerriesous:
Skep ‘n bietjie van die water in die pot af en begin dan met die kerrie sous in ‘n maatbeker.
Voeg die kerrie paste, grondbootjie botter, melk, tamatie en uie smoor en tamatie sous in die maatbeker en meng met ‘n “hand blender” om seker te maak die bestanddele is deeglik saam gemeng. Giet oor die gebraaide bestanddele en laat prut tot die sous lekker deurgetrek het (ongeveer so half uur).
Bedien met lekker “rustic” broodrolletjies, French loaf, rys, pap of couscous.
Let Wel: Jy kan self jou “hitte” van die kerrie bepaal met die hoeveelheid lepels kerrie paste jy in sit. Gebruik ook suiker om die tamatie en kerrie smake te balanseer.






