
BEESVLEIS KOFTAS MET ROOISOUS
Resep geplaas en foto: Elsa Van Antwerpen Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg maalvleis
5 ml fyn koljander
30 ml vars koljander fyn gekap
5 ml fyn komyn
1 stingel suurlemoengras fyngekap
1 groot eier
30 ml mielieblom
Sout en peper na smaak
Meng al die bestanddele saam en vorm langwerpige balletjies.
Rol in koekmeel.
Braai in vlak olie tot net bruin.
ROOI SOUS
2 rooi soetrissies in helfte gesny en gerooster onder element tot geskroei en swartrek vel af.
1 x 423 g blik gekapte tamaties
125 ml ongegeurde yogurt
5 ml suiker
Verwerk al die bestanddele in voedselverwerker tot glad.
Verhit en bedien saam met Koftas.
Garneer met gekapte kruisement.







geskuif