Meng die koekmeel, sout en bakpoeier saam en voeg die eier en net genoeg water by om ‘n stywerige beslag te vorm. Laat staan. Kook die aartappelskyfies in ‘n bietjie kookwater tot sag maar nie stukkend nie. Dreineer. Verhit genoeg olie in ‘n kastrol vir diepvetbraai. Plaas ‘n uiering tussen 2 aartappelskywe. Plaas op ‘n lepel en doop in beslag tot goed bedek. Plaas versigtig in die olie en braai tot goudbruin buite-om en totdat die aartappels heeltemal gaar is. Dreineer op handdoek papier
Foto: Ronel Muller Thoma
Nota: Ek het bietjie gerasperde kaas nog binne in uie ring gesit. Heerlik.








