SMULLEKKER SOPBROODJIE
500 g bruismeel (selfraising flour)
500 ml karringmelk (buttermilk)
1 pakkie sop – jou keuse vir die smaak van jou broodjie – uie, sampoien ens
Meng al die bestanddele gooi so bietjie gewone melk in die boksie van die karringmelk en spoel hom so ook uit. Spuit broodpannetjie baie goed. Skep deeg binne in pannetjie en gooi gerasperde kaas bo oor
Bak vir +- 45 na 1 uur by 180″C
Haal uit oond en laat afkoel vir so 5 min en geniet
Variasie: Gebruik sampioen soppoeier en sny vars sampioene in die deeg in na smaak
jy kan ook Semels bysit of nutty wheat meel gebruik vir ‘n bruin brood variasie, sit sade en neute in indien verkies.
Resep : Rina Kleinhans
Foto: Marie Rheeder Troskie
geskuif