AARTAPPEL EN UIE POFFERS

aartappel poffers Roneltested

AARTAPPEL EN UIE POFFERS
Beslag:
375 ml koekmeel
knippie sout
12 ml bakpoeier
1 eier, geklits
genoeg water om ‘n stywe beslag te vorm ..ongeveer 200 ml
4-6 aartappels, geskil en in dun skyfies gesny
1 ui, in ringe gesny
olie vir diep vetbraai

Meng die koekmeel, sout en bakpoeier saam en voeg die eier en net genoeg water by om ‘n stywerige beslag te vorm. Laat staan. Kook die aartappelskyfies in ‘n bietjie kookwater tot sag maar nie stukkend nie. Dreineer. Verhit genoeg olie in ‘n kastrol vir diepvetbraai. Plaas ‘n uiering tussen 2 aartappelskywe. Plaas op ‘n lepel en doop in beslag tot goed bedek. Plaas versigtig in die olie en braai tot goudbruin buite-om en totdat die aartappels heeltemal gaar is. Dreineer op handdoek papier

Foto: Ronel Muller Thoma
Nota: Ek het bietjie gerasperde kaas nog binne in uie ring gesit. Heerlik.