

RENEE SE PIESANGSLAAI EN MARSHMALLOWSLAAI
PIESANGSLAAI
Skyfies piesang roer deur suurlemoensap
Meng kondensmelk en suurlemoensap deur, voeg piesangs met suurlemoensap by, roer net deur laat rukkie staan Die kondensmelk sal lekker verdik van die suur.
Dis nie ‘n slaai wat jy vorige aand kan maak nie.
MARSHMALLOWSLAAI
Marshallows in kleiner stukkies gesny (om tyd te spaar neem sommer die mini mallows, ek kon nie kry nie!)
Jogurt – die vla en vrugtekelkie vir vandag gebruik, het nie ekstra vrugte ingegooi nie, maar jy kan. Jy kan ook enige geur jogurt gebruik.
Hoeveelhede hang van jouself af.
As jy nie jogurt eet nie probeer ultramelvla dis ook heerlik.
Resepte en foto: Renee Haasbroek











