

MURGPAMPOENTJIE EN WORTEL SLAAI
Hier is die slaai nou gereed om yskas toe te gaan. Dit moet oornag in die yskas staan. Môre word dit op vars blaarslaai met beet wat in dun stokkies gesny is, bedien. Die vorige keer wat ek dit gemaak het, was dit so lekker dat ons dit as hoofgereg geëet het. Hierdie is genoeg vir twee as hoofgereg of 6 as bykos.
4 murgpampoentjies, in dun stringe gesny
4 wortels, in dun stringe gesny
1 stok seldery, skoongemaak en in skyfies gesny
1 medium pers ui, in dun ringe gesny
6 eetlepels hoogvol mayonnaise
3 eetlepels sagte bruinsuiker
1 eetlepel appelasyn
1 eetlepel vars gemaalde swartpeper
Meng alles en laat staan ongeveer 24 uur.
Bedien op vars blaarslaai wat gekerf is. Gebruik beet wat in stokkies gesny is om mee te versier.
Resep en foto: Francis Schoeman






