

KAAS PYNAPPEL STOLSLAAI
1 x 80 g pakkie pynappel of suurlemoen jellie
Opgelos in 1 koppie kookwater (ek het sommer die sap van die fyn pynappel in die mikrogolf warm gemaak en die jellie daarmee aangemaak)
1 blik fyn pynappel 410 g, of naaste daaraan
Voeg dit by jellie.
Laat effens afkoel (as jy die pynappel in die yskas gehad het, word dit gou koud)
½ koppie styfgeklitste dubbel dikte room (ek’t vergeet om dit styf te klits😊)
1 koppie fyngerasperde kaas
Voeg alles bymekaar.
Ek het toe sommer vir ‘n twist agurkies fyngekap en ¼ koppie fyngerasperde wortels bygevoeg.
Soos julle kan sien kon my man nie wag om in die nag te proe nie!
Resep en foto: Renee Haasbroek






