

HANELIE SE PYNAPPEL “GAMMON”
2 kg gammon
2 liter “Co-ee pineapple flavoured” koeldrank
1 ui, in kwarte gesny
knoffel, na smaak opgekap
3 eetlepels bruinsuiker
1 blik pynappelringe
kersies
Kook gammon in koeldrank en uie vir so 2 en half ure.
Laat afkoel.
Verwyder vel maar los ‘n lekker vetlagie. Sny kepe in vet en druk knoffel lekker diep in die snye in.
Maak ‘n mengsel van die suiker en pynappelsap en smeer oor die hele gammon.
Sit pynappelringe en kersies vas met tandestokkies en gooi van die sous waarin gekook was oor die vleis
Bak vir so 2 ure terwyl jy elke 20 minute van die suiker en pynappelsap mengsel oor die vleis gooi.
Geniet!
Resep en foto: Hanelie de Bruin






