

FYN MAKATAAN KONFYT
3 kg fyn gesnipperde makataan
1 pynappel, fyn gesny
2 kg suiker
heel stukkies vars gemmer of 2 teelepels fyn gemmer
2 eetl suurlemoensap
1 teelepel wynsteensuur Continue reading


FYN MAKATAAN KONFYT
3 kg fyn gesnipperde makataan
1 pynappel, fyn gesny
2 kg suiker
heel stukkies vars gemmer of 2 teelepels fyn gemmer
2 eetl suurlemoensap
1 teelepel wynsteensuur Continue reading→


WORTELKONFYT
Sny en maal die wortels en kook dit in klein bietjie water tot sag.
Jy kan ook die wortels net grof rasper dan lyk dit soos snipperperskes.
Dreineer die wortels en meet die hoeveelheid moes af.
Weeg die moes en voeg net soveel suiker by as die hoeveelheid moes en ’n bietjie suurlemoensap (± 20 ml of meer) en gerasperde suurlemoenskil.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer aan die begin tot die suiker opgelos is.
Kook oor matige hitte matig vinnig tot dik… roer dit gereeld en skuim dit af.
Bottel en verseël dadelik.
Foto: Hannetjie Bezuidenhout
Resep: Francina de Flamingh


MAKLIKE TAMATIE KONFYT
4 ½ kilo tamaties
4 ½ kilo suiker
2 suurlemoene se sap
2 teelepels fyn gemmer
Kook alles saam tot konfyt lekker dik is en stroop bietjie taai is.
Bottel.
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk


HANEPOOT DRUIWE KONFYT
Ek het Donderdag gesien hoe 20 ton hanepoot in ‘n parsgat afgegooi word, wat ‘n gesig.
Hier is my konfyt wat ek gekook het van die hanepoot wat ek ontpit het, darem nie al 20 ton nie
Die resep is heel eenvoudig.
Ek gebruik vir elke kilogram vrugte ‘n halwe kilogram suiker en kook dit vir ‘n 45 min nadat dit tot kookpunt gebring is.
Ek ondervind dit is goedkoper en met minder sous as ek ‘n halwe kilogram suiker op ‘n kilogram vrugte gebruik.
Voeg dan ‘n eetlepel suurlemoensap by en roer goed.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.
Resep en foto: Gideon Louw
Mien Warnich – Gideon ek gooi so paar stukke droë gemmer+gekneusde vyeblaar by dit gee ‘n heerlike geur. Ai darem lekker met varsgebakte brood en ‘n lekker vet gebraaide snoek.
Sjoe hoe water my mond nou.


ANNATJIE SE KWEPERJELLIE
Foto en resep: Annatjie Heydenrych
FOOD LOVERS RECIPES
Was die kwepers.
Sny in growwe blokke en sny die “rosies” uit.
Plaas in ‘n pot en bedek met genoeg water, sodat die water omtrent 2 cm hoër as die kwepers is. Kook tot sag.
Druk fyner met ‘n kapokaartappel drukker – nie te fyn nie, want anders sukkel jy om die water uit te kry.
Sit ‘n kaasdoek in ‘n vergiettes en sit die kwepermoes daarin.
Laat staan vir ‘n paar ure (4-5 of oornag) sodat die water natuurlik kan deursypel.
(Maak soos jy wil met die oorbly moes) Continue reading→


HEEL TURSKVY KONFYT
Skil 1 kg mediumgroot turksvye
Prik met vurk dwarsdeur turksvy
Kook in 1 liter water tot deurskynend, dreineer.
Gebruik water vir stroop, voeg 4 kop suiker by water plus halwe suurlemoen se sap
en roer tot al die suiker opgelos is, laat kook die stroop en skep die turksvye een een in kokende stroop
Stel stoofplaat af tot nr 4-5 en kook konfyt tot stroop soos lawa borrel en vrugte heeltemal deurskynend is.
Ongeveer 4 ure se kook, bottel warm en in warm bottels en verseël dadelik.
Die vrugte behoort heel te bly.
Foto: Reneé van Rensburg


TANIA SE TURKSVY KONFYT
Skil vrugte sny in stukke en gooi
1 kg suiker op 1.5 kg vrugte met kwart koppie water en
2 eetlepels suurlemoensap en
kwart lepel gemmer laat staan oornag .
Kook tot lig en begin dik raak ek toets in piering
Bottel warm
Resep en foto: Tania Bianca Benecke Behrens



PETRE SE PERS VYE KONFYT
4 kg vye, in soutwater laat lê stingels afgesny en gehalveer
3.5 kg suiker
5 groterige stukke gemmer
botter om pot se rand te smeer
4 spuite suurlemoensap
Meng vye, suiker, gemmerstukke en suurlemoensap tot ‘n dik stroop vorm en suiker amper opgelos is.
Smeer pot se rand met botter, (help dat dit nie oorkook nie)
Kook op hoog vir 30 tot 35 minute vandat begin kook.
Bottel warm.
Foto en resep: Petré van Jaarsveld



KLEINMAAT TAAIPIT PERSKE KONFYT
900 g perskes
900 g suiker
1 eetl suurlemoensap
¼ koppie water
Was perskes en droog af en rasper met growwe kant. Neem suiker, strooi bo-oor, gooi suurlemoensap en water oor die suiker en laat staan tot suiker ‘n stroop maak, selfs oornag.
Kook en roer tot styf.
Ek toets met bietjie konfyt in ‘n koue bordjie, trek jou vinger deur en kyk of daar ‘n paadjie oop bly.
Bottel warm.
Resep en foto: Tania Bianca Benecke Behrens
2de foto: Annetjie Heydrenrych


PETRÉ SE UIE MARMELADE
1 kg uie, in dik skywe gesny
½ koppie Balsamiese asyn
½ koppie bruin asyn
1 ½ koppies bruin suiker
1 teelepel sout
¼ koppie olyf olie
Plaas alles in ‘n groot genoeg kastrol.
Plaas op stoof en kook vir om en by 1 uur tot ‘n lekker dik stroop vorm.
Bottel warm.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld
You cannot copy content of this page
